|
Studio Specs:
Gear:
System:
PC system met Cubase 4
Protools HD 7.3
Digidesign 24bit I/O
Mackie Big Knob
MOTU 896HD
Beringer Valve Pre-Amp
Langevin Dual Vocal Combo Pre Amp
Focuswrite Octopre I/O 8 x 2
Mic's:
NEUMAN TLM103
RODE K2
RODE NT5's
SM58's
Sure Beta
SM57's
AKG'Pack for drums
Mixing:
Beringer Truth's (monitors)
Samson Revolve's
Sony Hi-fi Speakers
Grand Piano
Roland RD600 + FP8
Fender Strat (USA)
Epiphone Hollowbody
Taylor 730ce Acoustic
Taylor 310ce Acoustic
Classical Yamaha Guitar
Marshall amps
Fender Hotrod Deluxe
Line 6 DM4,DL4 Pedals
Boss stompboxes & Dunlop Wha-wha exc..
Wat ons verder nodig het ,huur ons.
Gebou:
Die Ingenieur, Corrie Pretorius, vertel:
Die ontwerp en konstruksie van 'n kwaliteit opnameateljee verg meer as net 'n klompie stene, sand en sement. Innoverende ontwerp-idees, vervanging van materiaal wat net oorsee beskikbaar is, met hulle lokale ekwivalent of 'n beter boetie, ingenieurslogika en 'n tikkie waagmoed, dra uiteindelik by tot die resep vir die suksesvolle voltooiing van Studio of Note.
Ontwerp Riglyne:
Verskeie aspekte van klank, die voorplanting, absorpsie, weerkaatsing en isolering daarvan moet deeglik verstaan word. Vir elke aspek moet daar voorsiening gemaak word gedurende beide die ontwerp-en konstruksiefase van die ateljee. In die daarstelling van Studio of Note, is geen kortpaaie geneem nie. Die aanvanklike kort proses van ontwerp en konstruksie, het ontwikkel tot 'n drie-maande-ontwerp en konstruksietydperk. Die resultaat is egter hoogs bevredigend, selfs vir iemand met 'n fyn oor soos Christa Steyn.
Gebou:
Die studio self staan heeltemal los van die kontrolekamer. Daar is dus geen fisiese verbinding tussen die twee vertrekke nie. Ons kon dus goed voorsiening maak vir klankisolering en die oordra of voorplanting van klank golwe, vanaf die een vertrek na die ander, verhoed. Veral die lae frekwensies was hoog op die agenda. Die gebou is saamgestel uit verskillende tipe materiale vir beide die mure, dak en betonvloer. Die verskillende materiale se unieke eienskappe in terme van klankabsorpsie en isolering dra by tot 'n susksesvolle klankdigte en klankgeïsoleerde vertrek.
Vloer:
Die opnameateljee beskik oor 'n tweede swewende vloer vervaardig uit verskillende lae hout en 'n rubber-isolerende laag. Die swewende houtvloer staan los van die ateljee se mure en vloer. Die balke waarop die vloer gebou word, rus op rubber-isolerende voetstukke. Die U-boats wat internasionaal gebruik word om die balke te isoleer van die betonvloer onder die balke, is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Die probleem is oorkom deur ons eie voetstukke te ontwerp en te bou. Dit was nie net baie goedkoper nie, maar die eindresultaat is ook baie stewiger aangesien daar geen isolasie-eienskappe ingeboet is nie. Die hoofdoel van die swewende vloer is om veral lae frekwensies te isoleer en dus te verhoed dat daar oordraging na die vaste struktuur van die ateljee plaasvind. Indien ongewenste frekwensies sou deurdring tot in die kontrolekamer, sou dit die meng en samestelling van die opname beïnvloed.
Lugversorging
Spesiale aandag is gegee aan die installering van die lugversorgingseenheid om te verseker dat geen ongewenste vibrasies en frekwensies die ateljee binnedring nie.
Vensters:
Die ateljee het geen vensters na buite nie. Die enigste venster is dié tussen die opname-en kontrolekamers. Onder normale omstandighede, word die vensters gewoonlik parallel geplaas. Hierdeur word die afstand tussen die vensters optimaal gebruik vir klankisolering. Die minder belangrike weerkaatsing, word dus geïgnoreer. Die aanvanklike struktuuruitleg, en die skep van die nuwe atlejeestruktuur, het ons egter in staat gestel om die vensters ver genoeg uitmekaar te plaas, sodat ons beide die vensters teen 'n hoek kon installeer. Ons kon dus die weerkaatsing van die ruite grootliks uitskakel, en meer as die minimum klankisoleringsruimte tussen die twee vensters verseker.
Ten Slotte:
Studio of Note is in die privaatsektor, waarskynlik 'n ateljee enig in sy soort. Vanweë noukeurige aandag aan detail, innoverende onderwerp en konstruksie, opname-en mengtoerusting van formaat saam met talentvolle musikante soos Christa en Douw Steyn, beloof Studio of Note, om selfs die mees kritiese persoon, tevrede te stel!
Corrie Pretorius
Die ontspannings lokaal
Vir breektye of 'n kuiertjie na 'n harde dag se werk!
|  |